In ateljee: Tinus de Jager – Moneyweb Die beurs sak skerp, in lyn met wêreldmarkte. Jean-Pierre Verster van Protea Capital Management lewer kommentaar. Mike Schussler sê daar is versteekte probleme in die begroting
Die rand hou aan wipplank ry en eindig die week bo R15 teen die dollar. Andre Cilliers, van Treasury One, sê die wisselvalligheid gaan voortduur.
En dis Vrydagaand, so ons praat persoonlike finansies … Wynand Haywood, stigterslid van Opportunity Private Capital, vertel ons van sy onderneming na ‘n luisteraarsvraag. Jean-Pierre Verster en Hester van der Merwe van Ultima Financial Planners help om luisteraars se vrae te antwoord. |